• Login
  • Search Icon

Inflasie styg tot 4,6%

22 Jun 2011
Suid-Afrika se verbruikersprysindeks (VPI), wat deur die Reserwebank gebruik word vir sy inflasieteiken, het op ’n jaargrondslag in Mei tot 4,6% gestyg, in vergelyking met 4,2% in April, het data van Statistieke Suid-Afrika (SSA) Woensdag getoon. Dit het op ’n maandgrondslag met 0,5% gestyg in vergelyking met 0,3% in April. Die VPI sou na verwagting 4,3% op ’n jaargrondslag wees, volgens ’n opname van ekonome deur I-Net Bridge. Voorspellings van agt ekonome het verskil van 4,3% tot 4,5%.

http://www.sake24.com/Ekonomie/Inflasie-styg-tot-46-20110622