• Login
  • Search Icon

Hoës vas oor boere se geld

02 Mar 2011
Die voormalige waarnemende hoof van die Landbank en ’n gewese Gautengse LUR is onder vier mense wat gister in hegtenis geneem is omdat miljoene rande wat vir hulp vir nuwelingboere bedoel was, glo in hul eie sakke beland het.

Die Valke het mnre. Phil Mohlahlane, afgedankte waarnemende hoof van die Landbank en afgedankte hoof van die Limpopo-landbou-ontwikkelingskorporasie, en Matuba Maponya, ’n prokureur van Polokwane, in di? stad op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery in hegtenis geneem. Mnr. Dan Mofokeng, voormalige LUR vir behuising in Gauteng, is ook gister op Bela-Bela in hegtenis geneem.

Lees verder