• Login
  • Search Icon

Grondtransaksies in Limpopo lyk verdag

16 May 2011
Die provinsiale regering van Limpopo het bykans R1,2 miljoen per hektaar betaal vir grond van ’n maatskappy wat deur hooggeplaaste ANC-politici besit word. In die distrik Dendron is ’n plaas van 49 ha vir R58 379 000 en by Lephalale ’n plaas van 547 ha vir R39 330 000 van Thubelisha Homes gekoop. Di? transaksies is in Landbouweekblad se Plaasverkope (deur Windeed) van 1 April gepubliseer. Die maatskappy se direkteure is mnre. Manye Richard Moroka, Itumeleng William Kotsoane en me. Dimakatso Elizabeth Moraka.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grondtransaksies-limpopo-lyk-verdag