• Login
  • Search Icon

Grondeiseproses dalk binnekort heropen

08 Jun 2011
Die departement van landelike ontwikkeling is besig om ’n memorandum vir die kabinet voor te berei waarin hy sal aanbeveel dat die grondeiseproses heropen word. Mnr. Gugile Nkwinti, die minister, het gister hier nadat hy sy departement se begroting in die Nasionale Vergadering voorgelê het, gesê hy het fyn na mense geluister wat by die proses uitgesluit is en “sien die logika” daarin om die proses weer van stapel te stuur. Daar is ook sterk argumente aan hom voorgehou dat die afsnydatum vir eise van 1913–die jaar waarin die Wet op Naturellegrond gepromulgeer is–teruggeskuif word en moet die tydperk waarin grondeise ingestel kan word langer as die drie jaar van die aanvanklike proses wees.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Grondeiseproses-dalk-binnekort-heropen-20110607