• Login
  • Search Icon

Grondeise-praatjies ’net politieke vertoon’

24 May 2011
Die praatjies dat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, by die Kabinet wil aanbeveel dat die grondeiseproses heropen moet word, is sinnelose politieke vertoon, sê prof. Lawrence Schlemmer, een van die land se voorste marknavorsers en ’n onafhanklike politieke ontleder. Skerp reaksie Mediaberigte oor die moontlike toelating van nuwe eise het skerp reaksie ontlok. Schlemmer sê hy beskou dit as ’n verkiesingsfoefie met die oog op politieke gewin en dat dit nie eers die moeite werd is om die verdienste daarvan te debatteer nie. Hy sê dit is tragies dat ’n Regering met s? ’n magsoormag nie kan bly by die uitvoering van sy eie ernstige beleid nie. “Die minste wat mense van ’n verantwoordelike regering verwag, is om standhoudend, betroubaar en voorspelbaar te wees. In die verlede is daar ernstige versekerings oor die proses van restitusie gegee en Suid-Afrikaners het dit s? aanvaar. Losse uitsprake, soos di?, ondergrawe vertroue − selfs by diegene vir wie die politici juis probeer beindruk.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grondeise-praatjies-net-politieke-vertoon