• Login
  • Search Icon

Grond: Groenskrif bevat viervlak-stelsel

25 Aug 2011
‘n Viervlak-stelsel van grondbesit is in die Groenskrif oor Grondhervorming opgeteken, wat pas die Kabinet se goedkeuring gekry het. Die Regering wil ‘n viervlakstelsel van grondbesit instel, gegrond op die volgende elemente: Staatsgrond moet slegs in huurbesit wees. ’n Beperking op die besit van private grond. Buitelandse eienaarskap van grond moet verbind wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners. Kommunale grondbesit moet met sekere institusionele gebruiksregte gepaard gaan.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grond-groenskrif-bevat-viervlak-stelsel