• Login
  • Search Icon

Graan SA: Advertensie vir veiling op 30 Oktober 2009

07 Oct 2009
GP NIEUWOUDT & VENNOTE PROKUREURS VEILING In opdrag van GRAAN SUID-AFRIKA sal die volgende per openbare veiling aangebied word op 30 Oktober 2009 om 10:00 te NAMPO Park se Veilingskompleks, gele? 20 km vanaf Bothaville op die Bothaville/Orkney-pad en volg daarvandaan die rigtingaanwysers: Weiding om te huur: Oorlog: OL 03 ? 47,73 ha; Marthaville: MV 07 ? 13,14 ha; Marthaville: K 07 ? 17,85 ha; Marthaville: K 03 ? 15,35 ha; Marthaville: K 04 ? 17,80 ha. Die volgende roerende bates sal verkoop word: 1 x 7 Skaar Ploeg; 1 x Claas Vierkantige Tou Baler; 1 x Kunsmisbak; 1 x Nissan 2.7 Dieselbakkie, 2004-model, ?187 000 km; 1 x Nissan 2.7 Dieselbakkie, 2004-model, ?181 000 km; 1 x Drotsky Hamermeule Vee: 19 x Speenkalwers; 34 x Koeie; 16 x Klein Kalwers; 1 x Bul (Simbra); 7 x Volstruise (om self te vang). Kunsmis en saad: 12 Ton Ureum (Omnia); Witmielies - 10 x 25 kg Gemeng; Smutsvinger - 10 x 15 kg; Sonneblom DKC 40/40 Monsanto - 10 x 25 kg; Sonneblom Pannar 7351 - 5 x 25 kg; Sonneblom Pannar 7033 - 5 x 25 kg VERKOOPSVOORWAARDES: Verhuring van eiendomme: 1. Verhuring is onderhewig aan >n 7 dae bekragtigingstydperk. 2. >n Deposito van 10% is betaalbaar met toeslaan van die bod. 3. Afslaerskommissie van 10% is betaalbaar met toeslaan van bod. 4. Huurgelde sal jaarliks vooruitbetaalbaar wees en is betaalbaar onmiddellik na bekragtiging van die verhuring. 5. Okkupasie sal gegee word op 9 November 2009. 6. Verhuring onderhewig aan verhuringsvoorwaardes. Roerende bates: Goedere word voetstoots verkoop en geen waarborge word verskaf nie. Goedere word geag afgelewer te wees by toeslaan van die bod. Risiko gaan oor op die Koper by toeslaan van die bod. Eiendomsreg bly gevestig in die Verkoper totdat betaling plaasgevind het. Betaling vind onmiddellik na afloop van die veiling plaas en GEEN bates of lewende hawe mag verwyder word voordat betaling plaasgevind het nie. Vee/goedere om verwyder te word teen 31 Oktober 2009. Betaling: Kontant of by wyse van bankgewaarborgde tjek by toeslaan van bod. BTW uitgesluit by verkoopprys. Die afslaers en verkoper neem geen verantwoordelikheid vir enige verkeerde plasing van die advertensie en/of besonderhede wat in die advertensie vervat word en/of goedere wat nie aangebied word ten tye van die veiling nie. Navrae: P L Nieuwoudt of Mnr. B. Swanepoel G P Nieuwoudt en Vennote Prokureurs Selfoon: 082 463 7171 Van Riebeeckstraat 13, BOTHAVILLE, 9660 E-pos: bertie@grainsa.co.za Tel. (056)515-2121 of 515-2122 Faks. (056)515-2124 Selfoon: 083 255 4052 E-pos: plnieuwoudt@absamail.co.za

https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Okt%2010_Grondboneseisoen.pdf