• Login
  • Search Icon

Graan SA lede kry spesiale behandeling by Oesdag

03 Aug 2005
Elke lid het vooraf twee gratis toegangskaartjies vir die Oesdag ontvang asook toegang tot ?n spesiale parkeerterrein, waarvandaan die lid deur ?n Graan SA ontvangspunt toegang tot NAMPO Park verkry het. ?n Verdere deel van die spesiale behandeling is die eksklusiewe toegang tot die nuut ingerigte Graan SA klubhuis. Die Graan SA klubhuis (tussen die ARSgebou en die ABSA Mediasentrum) is gebruik om gaste te onthaal met gemaklike sitplek, ligte verversings en ?n kontantkroeg wat daagliks vanaf 08:00 tot 17:00 beskikbaar was. Volgens mnr Koos du Plessis, Voorsitter van die Hoofbestuur se Openbare Betrekkinge komitee asook die Bedryfsheffingskomitee, was die NAMPO Oesdag ?n geleentheid wat jaarliks deur Graan SA aangebied word, maar nie effektief genoeg aangewend is om kontak met lede te maak nie. ?Ons wil graag nouer skakel met ons lede en met vanjaar se inisiatiewe glo ons dat dit ?n stap is in die regte rigting was.? Volgens die Adjunk Hoofbestuurder Befondsing en Bemarking van Graan SA, het die Graan SA Klub baie positiewe kommentaar uitgelok. Lede was deurgaans ingenome en het die inisiatief bestempel as popul?r. Lede was veral in hul skik met die eksklusiewe parkering wat vir vinnige toegang gesorg het. Verskeie lede het te kenne gegee dat die Klubhuis sentraal gele? is en dat dit netjies en mooi vertoon. Hy het verder ges? dat lede baie tevrede is met die erkenning wat hulle ontvang vir die betaling van die R2/ton bedryfsheffing. Die gedagte van twee gratis toegangskaartjies per lid is vanjaar ingestel na aanleiding van ?n Graan SA Kongresbesluit in di? verband. Dit is maar een van die voordele wat die organisasie bied aan lede wat die bedryfsheffing betaal. Ander addisionele voordele word ondersoek, soos om parkering vir meer as een dag aan lede beskikbaar te stel vanwe? die omvang van die NAMPO Oesdag. Die eerste inisiatief om nouer skakeling met lede te bewerkstellig, was tydens verlede jaar se Oesdag. Hierdie aksie was s? suksesvol dat daar besluit is om ?n permanente fasiliteit in te rig waar lede asook genooide gaste ontvang kon word. Alhoewel die Klubhuis tans nie ?n restaurantfasiliteit bied nie, kon lede en sy/haar metgesel ?n koppie koffie, tee of versnapering kom geniet en rustig ontspan. Graanboere wat nog nie lede is van Graan SA nie kon ook by die organisasie aanmeld waar ?n ledewerwer bygestaan het. Graan SA korporatiewe klere en geskenke is ook te koop aangebied by die Klubhuis.