• Login
  • Search Icon

Graan SA fokus op vernuwing

02 Mar 2012
Met die vele veranderinge wat die afgelope jaar by Graan SA plaasgevind het, soos die verskuiwing van sy kantore na Pretoria, fokus die organisasie op sy jaarlikse kongres op nuwe geleenthede. Die kongres begin Woensdag (7 Maart 2012) op Nampopark buite Bothaville. Luidens ’n mediaverklaring sê die organisasie in die tyd van verandering is sekere strategiese fokuspunte geïdentifiseer waarin nuwe geleenthede vir die landbou ’n belangrik rol speel. Derhalwe is vanjaar se kongrestema ‘‘Nuwe geleenthede: Invoervervanging en uitvoerbevordering’’.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/graan-sa-fokus-op-vernuwing