• Login
  • Search Icon

Goeie verhoudings belangrik, sê 2011 se Jongboer

16 May 2011
’n Boer kan niks vermag as hy nie gemotiveerde werkers het nie. Goeie verhoudings is van kardinale belang. S? sê mnr. Jaco Minnaar (34), Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar vir 2011. Hy gaan die Vrystaat verteenwoordig op die Nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie wat later vanjaar gehou word. Die kompetisie word deur Agri SA en Toyota Suid-Afrika gere?l. Di? innoverende jong boer is deur die Hennenmanse boerevereniging benoem. Hy het op die familieplaas Botesrust grootgeword en op Hennenman skoolgegaan. Later het hy ’n graad in landbou-ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy boer hoofsaaklik met mielies, aartappels, soja, vee en wild.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Goeie-verhoudings-belangrik-se-2011-se-Jongboer-20110515