• Login
  • Search Icon

Goedkoper diesel vir oestyd

13 Jun 2011
Die verlaging van 38 sent in die dieselprys is ’n welkome meevaller vir somergraanboere wat nou begin oes. Oor die beplante mielie-oppervlak van amper 2,4 miljoen ha beteken die verlaging in die dieselprys ’n beraamde besparing van R13,5 miljoen vir mielieboere. Saaiboere gebruik gemiddeld 15 liter diesel per hektaar om te oes en die graan mee weg te ry, sê mnr. Corn? Louw, ekonoom van Graan SA.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/goedkoper-diesel-vir-oestyd