• Login
  • Search Icon

Droogteskade nou 'n groot gevaar

17 Feb 2012
Die voorspelde re?n vir die tydperk vanaf 9 tot 11 Februarie was oor die algemeen swakker as wat verwag is. Hoewel re?n oor groot dele van veral die somergraangebied voorgekom het, was dit te min en is re?n oor die sentrale en westelike produksiegebiede van somergrane steeds dringend nodig. ’n Tropiese sikloon Giovanna is besig om weswaarts oor Madagaskar in te beweeg en behoort volgens voorspellings rondom 18 Februarie die kusgebiede van Mosambiek te tref. Dit behoort egter teen daardie tyd heelwat te verswak. Baie min re?n word tot ongeveer 17 Februarie verwag, met slegs enkele buie oor die noordelike dele tot 16 Februarie, en rondom 17 tot 18 Februarie oor die sentrale tot noordwestelike dele.

http://www.landbou.com/weer/weervoorspelling/droogteskade-nou-n-groot-gevaar