• Login
  • Search Icon

Droogte knel Suid-Kaap

22 Oct 2009
Die Suid-Kaapse landbou is ?n oorlewingstryd gewikkel weens droogte, s? mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou. Lae damvlakke lei reeds tot oesverliese en verlaagde melkproduksie weens swak weidingstoestande. Die George-omgewing het die laagste re?nval in 132 jaar tussen Januarie en Augustus ondervind, luidens ?n artikel in Die Burger. Di? gebied kry sy water vir huishoudelike gebruik van die Tuinroetedam, maar Van Rensburg s? boere gebruik nie water uit di? dam nie en besproeiingsboere ?ondervind reeds ?n geruime tyd ernstige watertekorte?. Boere in die Knysna- en Sedgefield-omgewing is in dieselfde bootjie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grondeise-praatjies-net-politieke-vertoon