• Login
  • Search Icon

Dreigende tekort stook mieliepryse

31 Oct 2011
In die aanloop tot die nuwe planttyd begin die bulle al hoe meer stem dik maak op die Safex-mieliemark. Alle aanduidings is dat Suid-Afrika op ’n knap voorraadsituasie, indien nie ’n tekort nie, afstuur. Sterk uitvoer, ook na nie-tradisionele markte, duur voort. Teen middel verlede week was meer as 1 miljoen ton van die verwagte nasionale oes van 10,6 miljoen ton nog nie gelewer nie. Intussen het die uitslag van die Oesskattingskomitee se opname oor hoeveel mielies boere beoog om te plant, talle markdeelnemers onkant gevang.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/dreigende-tekort-stook-mieliepryse