• Login
  • Search Icon

Dele van NW sonder brandstof

13 Jul 2011
Dele van Noordwes is tans sonder brandstof weens ‘n staking, terwyl Sasol se direkteure glo reuse-verhogings ontvang het. Solidariteit sê in ‘n verklaring hy het inligting ontvang dat die direkteure van Sasol in die 2009/’10 geldjaar 81% m??r as in 2008/’09 verdien het. Die vakbond sê di? feite was “die laaste strooi wat Solidariteit-lede laat besluit het om tot die staking in die petroleumsektor toe te tree.” Werkers van spesifiek PetroSA sal Donderdag (14 Julie) begin staak. Werkers van Sasol se Secunda-aanleg sal binnekort by di? groep aansluit. Intussen sê mnr. Ben Marias, voorsitter van die TLU SA, hy kan nie verstaan hoe direkteure sulke reuse-verhogings verdien terwyl werkers op grondvlak met 6% of 7% tevrede moet wees nie. “Hoe kan jy vir jou mense sê jy kan nie vir hulle meer aanbied nie, maar jou verhoging lyk s?? As dinge dan s? sleg gaan, hoekom kry almal deur die bank dan nie sulke lae verhogings nie?”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/dele-van-nw-sonder-brandstof