• Login
  • Search Icon

Deel van Graan SA dalk na Gauteng

12 May 2011
’n Groot deel van Graan SA se personeel gaan moontlik na ’n kantoor in Pretoria verskuif word, sê die organisasie. Luidens ’n verklaring is dit een van die strategiese besluite wat op 5 Mei op ’n hoofbestuursvergadering in Pretoria geneem is. Die organisasie sê die bestuur het n? hewige debat eenparig die besluit geneem. Tans word ingevolge die Arbeidswet met personeel oor die skuif gekonsulteer. Die finale besluit sal n? afloop van die konsultasieproses bekend gemaak word. ’n Verdere besluit is geneem om ’n kantoorblok reg langs die Graangebou in Pretoria te koop. Die grootste deel daarvan sal deur Graan SA self gebruik word, terwyl ’n deel verhuur sal word, verkieslik aan ander lede van die graanfamilie. Die ligging van die gebou skakel in by ’n plan om die beskikbare konferensiegeriewe van die Graangebou te gebruik.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/deel-van-graan-sa-dalk-na-gauteng