• Login
  • Search Icon

DA vra nuwe grondhervormingsbeleid

13 Dec 2011
Om Suid-Afrika se grondhervormingsproses suksesvol te maak is ’n totale nuwe strategie nodig, sê die Demokratiese Alliansie (DA). Luidens ’n verklaring het die party Maandag (12 Desember) sy kommentaar oor die wetsontwerp ingehandig. Die party meen dat die groenskrif oor grondhervorming, soos dit tans daar uitsien, nie die Regering se mikpunte sal bereik nie en dat bitter min daarvan te redde is. “Die waarheid is dat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, moet terugkeer na die tekenbord as hy meer suksesvol as sy voorgangers wil wees.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/da-vra-nuwe-grondhervormingsbeleid