• Login
  • Search Icon

Brandstofprys: Skok verwag

22 Mar 2012
Skokkend ho? brandstofpryse word in April verwag, met ekonome wat voorspel petrol- en dieselpryse kan met tot 60c per liter styg. Mnr. Dawie Roodt, senior ekonoom by die Efficient-groep, sê met die olieprysstygings en die verskeie belastings wat volgende maand inskop, kan petrol in Gauteng R11, 85 per liter haal. Die styging in die petrolprys lyk tans as volg: Die brandstofheffing styg met 20c per liter. Die heffing vir die Padongelukkefonds styg met 8c per liter, en in Gauteng styg die heffing vir pyplyne met 4c per liter. By di? stygings kom ‘n styging van 38c in die pertrolprys weens die styging van die internasionale olieprys. Die styging van die petrolprys word tot dusver wel deur ‘n sterk rand/dollar-wisselkoers teengewerk, wat daar ‘n daling van 8c veroorsaak. Die som vir die petrolprys styging staan tans dus op 62c per liter.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/brandstofprys-skok-verwag