• Login
  • Search Icon

Brandstofheffing ‘om VS te red’

06 Apr 2011
Die moontlike bykomende heffing op brandstof in die Vrystaat word slegs oorweeg omdat dit in die beste belang van die provinsie se inwoners sal wees. Mnr. Itumeleng Moses, hoofekonoom van die Vrystaatse departement van finansies, sê ook die provinsie is in groot gevaar om in duie te stort omdat hy slegs 3% eie inkomste genereer. Ander ekonome het gister verskillend oor die voorgenome heffing gereageer. Volksblad het verlede week berig dat mnr. Seiso Mohai, LUR vir finansies, in sy begrotingsrede die moontlike brandstofheffing aangekondig het om die provinsie se eie inkomste aan te vul.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Brandstofheffing-om-VS-te-red-20110405