• Login
  • Search Icon

Brandmerk jou vee, vra SAPD

28 Jul 2011
Een van die beste metodes om veediefstal hok te slaan, is om seker te maak dat diere duidelik gebrandmerk word, aldus die SA Polisiediens. Kol. Johan Scott, ko?dineerder van veediefstaleenhede in Gauteng, sê hy en sy span wil di? misdaad tot die beste van hulle vermo? probeer hokslaan en bestry. Hy het afgevaardigdes by ‘n inligtingsdag vir Gautengse rooivleisprodusente op Cullinan toegespreek. Scott sê hy weet dat boere soms nie altyd die nodige ondersteuning van die polisie kry nie, en hy moedig boere aan om hom daaroor te kontak. “Ek wil weer trotse diens terugbring na die Gautengse veediefstaleenhede. Ek wil hê dat polisielede trots moet wees, en boere moet op die eenhede kan trots wees.”

http://www.landbou.com/bedrywe/diere/beeste/vleisbeeste/brandmerk-jou-vee-vra-sapd