• Login
  • Search Icon

Brande rig groot skade in Kalahari aan

05 Oct 2011
Verskeie boere in die Kalahari het groot skade gely nadat weerlig die afgelope naweek brande veroorsaak het, aldus Agri Noord-Kaap. Mnr. Johan van Rensburg, hoofbestuurder, sê duisende hektare het afgebrand en baie boere het groot veeverliese gely. “Ek weet van een boer wat sowat 300 skape verloor het. En dis net een boer,” sê Van Rensburg. Hy sê boere in die distrikte Gordonia en Olifantshoek is doen tans opnames oor hulle skade. Met di? opnames sal bepaal kan word of die boere om ramphulp kan aansoek doen.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/brande-rig-groot-skade-kalahari-aan