• Login
  • Search Icon

Brande in Vrystaat begin afneem

30 Sep 2011
Brande verminder in die Vrystaat en die einde van die brandtyd is in sig, meen die Department van Landbou, Bosbou en Visserye in die Vrystaat. Mnr. Malcolm Procter, adjunkdirekteur van bos- en veldbrandtoesig, sê met die eerste re?n wat Donderdag (29 September 2011) in die Bloemfontein-omgewing geval het, verwag hulle dat die einde van die brandtyd naby is. Procter sê sedert 22 September het slegs 1 500 ha veld afgebrand. Die gemiddelde hoeveelheid veld wat vir die eerste 22 dae van September afgebrand het, was 6700 ha per dag. Volgens Procter lyk dit of die rekord-aantal hektare – sowat 470 000 ha – wat verlede jaar afgebrand het, nie deur die jaar se statistieke oorskry sal word nie. Sedert Junie vanjaar het 420 brande in die provinsie voorgekom, met 303 715 ha wat afgebrand het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/brande-vrystaat-begin-afneem