• Login
  • Search Icon

Boere prys die nuwe grondplan

28 Jun 2011
Dit is goeie nuus, het boere gister gesê oor die nuwe planne wat pres. Jacob Zuma gister aangekondig het om grondhervorming gladder te laat verloop. Die planne wat Zuma op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee aangekondig het, behels: ’n Waardeerder-generaal gaan aangestel word om die herverspreiding van grond gladder te laat verloop; ’n Grondbestuurskommissie gaan geskep word wat grondtransaksies kan ondersoek en titelaktes kan hersien; Die nuwe huurpagwetsontwerp sal voorsiening maak vir die vestiging van agri-dorpies om volhoubare nedersettings vir plaasinwoners te skep; Die skepping van ’n grondregte-bestuursraad wat die agri-nedersettings sal reguleer, asook regs- en bemiddelingsteun aan plaaswerkers en –inwoners verskaf; en ’n Nuwe groenskrif oor grondhervorming sal drie vorms van herverspreiding daarstel. Eerstens sal staatsgrond verhuur word, tweedens sal daar vrypag wees met beperkings op hoeveel grond ’n mens of ’n maatskappy kan besit, en derdens sal ’n nuwe vorm van grondbesit vir buitelanders ontstaan. “Dit beteken grondeienaarskap kan teruggaan na die staat toe indien hulle (buitelanders) nie aan sekere verpligtinge voldoen nie,” het Zuma gesê.

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-prys-die-nuwe-grondplan-20110627