• Login
  • Search Icon

Boere help om 2 plaasmoordenaars vas te trek

07 Mar 2011
Geskokte, woedende boere van die Randfontein-omgewing het eergisteraand gehelp om twee vermeende moordenaars van ’n mielie-en-melkboer op te spoor. Mnr. Koos van Rooyen (63) van Witfontein, ook die eienaar van Hoofweg-Voere en -Hardeware buite die myndorp, is vroegaand koelbloedig voor sy vrou, Marie-Louise, doodgeskiet. Die egpaar het vir vriende gewag wat die amptelike ete ter herdenking van die 25ste Randfonteinse skou saam met hulle sou bywoon toe hulle omstreeks 18:00 aangeval is. “’n Worsteling het tussen mnr. Van Rooyen en die verdagtes ontstaan, waarin hy noodlottig gewond is,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die Randfontein-polisiekantoor, in ’n verklaring gesê.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-help-om-2-plaasmoordenaars-vas-te-trek-20110304