• Login
  • Search Icon

Boere dreig met hofsaak oor muggieplaag

28 Sep 2011
Altesame 21 boere van die Benede-Oranjerivier oorweeg regstappe oor die skade wat hulle weens die muggieplaag ly, sê Agri Noord-Kaap. Mnr. Hoffie Joubert, ’n verteenwoordiger vir die organisasie, sê astronomiese verliese word tans deur boere langs die rivier vanaf Douglas tot by die see aangeteken. Die regstappe gaan na verwagting teen die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ingestel word. Di? departement is verantwoordelik vir die bestryding van plae wat die landboubedryf bedreig, en die boere wil skadevergoeding van die departement eis.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/boere-dreig-met-hofsaak-oor-muggieplaag