• Login
  • Search Icon

Boer maak plan: Gruis in die gat!

26 Jul 2011
Wanneer dit oestyd in Noordwes is en trekkers deur slaggate moet sukkel, kan ’n boer nie anders as om ’n plan te maak nie. Dis presies wat mnr. David Roux, wat met mielies en grondbone naby Leeudoringstad boer, gedoen het. “Die (provinsiale) pad naby Leeudoringstad wat na die silo’s gaan, verrinneweer alles,” het Roux gister gesê. “My een trekker se vooras het gebreek.” Roux het daarom die afgelope week sowat 50 gate in die pad met gruis van sy plaas gevul.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-maak-plan-Gruis-in-die-gat-20110725