• Login
  • Search Icon

Boer kom boewe met ’n plank by

29 Jul 2011
’n Deeltydse boer van Carolina het rowers s? met ’n plank bygekom dat een “soos ’n vark gegil” het voordat hulle weggehardloop het. Mnr. Tielman Erasmus (55) van die plaas Klein-Onbekend was gister net voor 06:00 op pad om werkers te gaan oplaai toe hy by sy plaashek oorval is. “Dit was skemer en die mis was ook nog baie dig. Ek het niks gesien toe ek by die hek stilhou nie. Die volgende oomblik het ek gevoel iemand slaan my van agter af,” het hy gesê. Die boewe het ’n klapmus oor sy kop getrek en sy hande met kabelbinders vasgemaak. Hulle het hom agterop sy bakkie gelaai en na die huis terug?gery waar sy vrou, Lynette, en 13-jarige seun, Cornie, was.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-kom-boewe-met-n-plank-by-20110728