• Login
  • Search Icon

Belowendste kanola-oes in 18 jaar

24 Aug 2011
Graanboere verwag dat die kanola-oes in die Suid-Kaap, wat tans op die lande is, die beste in 18 jaar sal wees. Mnr. Andries Theron, voorsitter van Graan SA se wintergraankomitee, sê ‘n gemiddelde oes word vir die Wes-Kaap verwag, veral omdat die aanplantings later as gewoonlik plaasgevind het. “Ons is egter baie opgewonde oor die moontlike opbrengs. Veral die beter kultivars wat aangeplant is dra by tot ‘n beter as verwagte oes. Ons is regtig baie opgewonde want die aanplantings wys tans baie potensiaal,” vertel Theron.

http://www.landbou.com/bedrywe/akkerbou/kanola/canola/belowendste-kanola-oes-18-jaar