• Login
  • Search Icon

Belastingbom tref landbou in Vrystaat

05 May 2011
’n Belastingbom het die landbou in die Vrystaat getref met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat ’n ondersoek begin het teen boere en veebemarkers weens beweerde bedrog met BTW-geld. Die ondersoek kom n? veetransaksies wat vermoedelik as mielietransaksies deurgegee is en dus die 14% BTW vrygespring het. Luidens ’n berig in Volksblad is soveel as R120 miljoen ter sprake. Mnr. Adrian Lackay, woordvoerder van die SAID, het bevestig sowat 80 boere word hierdeur geraak. Die departement se ondersoek-afdeling ondersoek reeds 29 sake wat deur die oudit-afdeling aan hulle oorhandig is. Hy het nie gesê hoeveel geld betrokke is nie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/belastingbom-tref-landbou-vrystaat