• Login
  • Search Icon

BEK kos melkbedryf R40 miljoen

25 Mar 2011
Die uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal (KZN) het die melkbedryf na verwagting reeds tot R40 miljoen gekos, sê Melk SA. Mnr. De Wet Jonker, lid van die bek-en-klouseer-taakspan wat Melk SA aangestel het, sê sedert Suid-Afrika se grense ’n maand gelede vir die uitvoer van diere met gesplete hoewe gesluit is, het die Suid-Afrikaanse Melkverwerkersorganisasie (Sampro) al verskeie dringende navrae oor die situasie ontvang. Daar is groot kommer oor hoewel plaaslike verwerkers se produkte aan standaarde voldoen, verskeie van die land se buurstate nie plaaslike melkprodukte wil invoer nie. Di? lande sluit in Botswana, Namibi?, Lesotho, Zambi?, Mosambiek, Uganda en Tanzani?.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/bek-kos-melkbedryf-r40-miljoen