• Login
  • Search Icon

BEK kom nie van buurland

12 May 2011
Die jongste toetsresultate dui aan dat die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer nie van ‘n buurland afkomstig is nie, sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Luidens ‘n verklaring het bloedmonsters wat in ‘n diptenk in KwaZulu-Natal en by ‘n voerkraal in Gauteng versamel is, ooreengekom met ‘n bek-en-klouseer-virus (SAT 1), wat in 2006 in die Makwassi-gebied in die Kruger-wildtuin voorgekom het. Di? virus is ook verwant aan die virus wat in 2003 in die Pafuri-gebied geïsoleer is. “Hierdie feite bring ‘n einde aan spekulasie rondom die oorsprong van die infeksie en dit wys uit dat die infeksie nie in ‘n buurland ontstaan het nie,” aldus die verklaring.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/bek-kom-nie-van-buurland