• Login
  • Search Icon

Bejaarde egpaar op plaas oorval

22 Aug 2011
’n Bejaarde egpaar is gisteroggend op hul plaas in Noordwes oorval, vasgebind en beroof. Mnr. Izak Roodt (85) en sy vrou, Rita (79), het elk met ligte beserings daarvan afgekom toe drie gewapende mans hulle op hul plaas Blaauwbank, tussen Lichtenburg en Mafikeng, oorval het. Daar is ook ’n delwery op die plaas. Volgens me. Mari Marnewick, een van die egpaar se dogters, het haar pa gisteroggend uitgestap om die tuin te gaan natlei toe ’n “baie groot, donkerswart man op hom afgestap en hom gegroet het”.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-egpaar-op-plaas-oorval-20110821