• Login
  • Search Icon

ANC lieg toe openlik, sê TLU SA

05 Aug 2011
Die ANC het blatant gelieg oor sy versekering dat nasionalisering nie oorweeg word nie, het mnr. Ben Marais, president van TLU SA, gesê. Marais het gisteraand gesê die onthulling van Cosatu dat hy die ANC-jeugliga aangemoedig het om nasionalisering op die tafel te plaas en dat die ANC reeds ’n taakspan aangestel het om na die uitvoering daarvan te kyk, is skokkend. Hy het in ’n verklaring gesê dit is duidelik die jeugliga se eise is “nie net praatjies van ’n klomp jong heethoofde nie” en dat dit in werklikheid ondersteun word deur die ANC en Cosatu ... waarskynlik op grond van die SAKP se kommunistiese agenda”.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/ANC-lieg-toe-openlik-se-TLU-SA-20110804