• Login
  • Search Icon

Agricultural Machinery Sales - January 2009

06 Feb 2009
SAAMA - PERSVRYSTELLING 06-02-2009 Januarie 2009: TREKKER- en STROPERVERKOPE Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Januarie 2009 was soos volg: Maand Persentasie Jaar-tot-datum Persentasie Januarie verandering Januarie verandering 2009 2008 % 2009 2008 % Trekkers 483 449 7.6 483 449 7.6 Stropers 13 13 0.0 13 13 0.0 Trekkerverkope van 483 eenhede in Januarie is byna 8% ho?r as die 449 eenhede wat in Januarie verlede jaar verkoop is. Stroperverkope van 13 eenhede in Januarie is dieselfde as verlede Januarie. Die toenemende momentum in verkope van landboumasjinerie wat verlede jaar ervaar is, is volgehou in Januarie. Die meeste fundamentele aspekte in die mark is steeds positief. Die goeie algemene re?n, hoewel dit redelik laat begin het, het daartoe gelei dat somergewasse op di? stadium goeie potensiaal toon. Oespryse het tot ?n groot mate gestabiliseer gedurende die afgelope maande en rentekoerse behoort oor die mediumtermyn afwaarts aangepas te word. Baie boere het van die geleentheid gebruik gemaak om nuwe toerusting te koop teen die laer pryse vir voorraad wat van toepassing was voor die waardevermindering van die rand laat in 2008. Twee negatiewe faktore skuil egter op die korttermynhorison. Dit is die ho?r pryse vir landboumasjinerie na die waardevermindering van die rand en finansi?le instansies wat strenger optree ten opsigte van beskikbare krediet. Algemene verwagtinge dui daarop dat verkope van landboumasjinerie in 2009 nie so hoog sal wees as wat in 2008 ervaar is nie. Leon Pretorius Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie Kontak: mnr. Leon Pretorius (011) 437-2600 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielie-differensiaal-onder-die-loep