• Login
  • Search Icon

Agri SA vra vrae oor toltariewe

07 Jul 2011
Agri SA het verskeie vrae oor die konsultasieproses wat ’n taakspan gevolg het en oor die verslag wat onlangs oor Gauteng se tolgeld bekend gestel is. Die organisasie, wat deel vorm van Business Unity South Africa (Busa), sê hy het, soos Busa, verskeie vrae oor die konsultasieproses wat gevolg is voor die verslag bekend gestel is. Busa oorweeg tans watter stappe om vorentoe te volg en hy is van plan om direk met mnr. Sibusiso Ndebele, die Minister van Vervoer, en mnr. Pravin Gordhan, die Minister van Finansies, in verbinding te tree as dit nodig souwees. Mnr. Johan Pienaar, die adjunk uitvoerende hoof van Agri SA, sê hoewel die tolgeld vir vragmotors volgens die verslag van R2,97 na R2 verlaag is, is hulle steeds bekommerd oor verskeie kwessies.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/agri-sa-vra-vrae-oor-toltariewe