• Login
  • Search Icon

Agri SA looi VN-beampte oor kos

20 Jul 2011
Die verklarings van ‘n VN-beampte wat voedselsekerheid "ontleed" het, dui op ‘n oppervlakkige begrip van die land se situasie, sê Agri SA. Mnr. Hans van der Merwe, die hoof uitvoerende beampte van Agri SA, sê die organisasie het kennis geneem van mnr. Olivier de Schutter, die VN-beampte, se uitsprake. Die organisasie wonder egter watter inligting aan De Schutter bedien is en sy werklike begrip van die plaaslike situasie. “Dit is ook jammer dat hy met ‘n bre? kwas na verblyfonsekerheid van voorheen benadeeldes verwys en beweer dat boere obstruktief is om arbeidsinspekteurs op hul plase toe te laat,” merk Van der Merwe op.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/agri-sa-looi-vn-beampte-oor-kos