• Login
  • Search Icon

Afrika kan leier wees met biobrandstof

28 Sep 2011
Afrika kan, saam met Brasili?, ’n grootskaalse verskaffer van bio-etanol in die toekoms word, sê prof. Emile van Zyl, mikrobioloog en biobrandstofkenner van die Universiteit van Kaapstad. Afrika verbou tans net 2% van die potensi?le hoeveelheid suikerriet wat hy wel kan produseer en kan sê Van Zyl. Hy sê Suid-Afrika produseer tans die helfte van Afrika se suiker op net 325 000 hektaar. In die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is 6 miljoen ha beskikbaar wat beteken dat Suid-Afrika se aanplantings 20 keer vergroot kan word om 400 miljoen ton suikerriet per jaar te produseer.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/afrika-kan-leier-wees-met-biobrandstof