• Login
  • Search Icon

‘Plaasmoorde verskil nie van ander moorde’

09 Sep 2011
Moord is moord en daarom verskil plaasmoorde nie van enige ander moorde nie, het mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, gesê. Mthethwa het di? antwoord gisteroggend hier op die misdaadstatistieke-mediakonferensie gegee toe hy gevra is of dit nie nodig is om in die lig van die gereelde plaasaanvalle ook statistieke te hou oor hoeveel plaasmoorde daar was nie. Die georganiseerde landbou vra al geruime tyd dat plaasaanvalle as ’n voorkeurmisdaad beskou word – onder meer omdat dit voedselsekerheid in die gedrang bring. Volgens nie-amptelike statistieke van TLU SA en Solidariteit was daar die afgelope 20 jaar meer as 2600 plaasaanvalle en dit is nie presies seker hoeveel mense – boere, plaaswerkers en hul gesinne – in di? aanvalle gesterf het nie.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasmoorde-verskil-nie-van-ander-moorde-20110908