• Login
  • Search Icon

400 000 ton mielies na Meksiko

27 Mar 2012
Suid-Afrika het voorgeneem om ‘n bykomende 400 000 ton mielies na Meksiko uit te voer, wat ‘n plaaslike tekort kan veroorsaak. Luidens ‘n berig op Fin24.com loop Meksiko onder erge droogtes deur. Di? uitvoer kan tans ‘n tekort in die bemarkingseisoen veroorsaak, wat die land se voedselpryse verder opwaarts sal druk. Suid-Afrika het reeds sowat 1 miljoen ton mielies na Meksiko uitgevoer tydens die bemarkingseisoen wat in Mei 2011 begin het. Volgens ‘n plaaslike handelaar is uitvoerpermitte vir 150 000 ton mielies reeds uitgereik, maar Meksikaanse kli?nte het glo reeds bestellings vir 400 000 ton mielies geplaas.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/400-000-ton-mielies-na-meksiko