• Login
  • Search Icon

2000 Angorabokke dood weens koue

26 Jul 2011
Sybokhaarboere in die Rietbron-distrik het sedert die naweek sowat 2 000 Angora-bokke verloor wat weens die koue verkluim het. Mnr. Barries Snijman, die voorsitter van die Rietbron-sybokhaarkwekersvereniging, sê verskeie boere het verlede week reeds begin skeer. Die boere is baie moedeloos. Een van die boere het tot 300 dragtige ooie verloor, en een ooi kan tot R1 000 werd wees. “D?t kom nou n? ’n jare lange droogte en n? baie boere bokke weens die uitbreking van slenkdalkoors verloor het. Verskeie boere het dus nie genoeg bokke vir die seisoen gehad nie en nou verloor hulle n?g,” vertel Snijman.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/2000-angorabokke-dood-weens-koue