• Login
  • Search Icon

'Gee die landbou 'n kans'

27 Nov 2007
Driekwart van die w?reld se armes woon in landelike gebiede in ontwikkelende lande, maar net 'n skamele 4%van amptelike ontwikkelingshulp word aan die landbou afgestaan. In Afrika suid van die Sahara, 'n gebied wat swaar op die landbou vir ekonomiese groei steun, is openbare besteding aan di? sektor ook maar 4% van totale regeringsbesteding. Dit is minder as die helLe van regerings in ander gebiede se landbou-besteding, en veel minder as die 11% tot 14% van nasionale begrotings wat regerings in Asi? die afgelope 15 jaar in hul landbou bel? het om groen revolusies daar te bewerkstellig.

http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Bedryfsnuus/0,,1294-1313_2228228,00.html