• Login
  • Search Icon

Nasionale Kultivarevaluasieprogram goedgekeur

April 2013

DR ANNELIE BARNARD, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT, BETHLEHEM

image

‘n Komitee van al die belangegroepe in kleingrane het in Februarie by die LNR-Kleingraan instituut (LNR-KGI) buite Bethlehem vergader om die Nasionale Kultivarevaluasieprogram te evalueer. Hierdie komitee bestaan uit verteenwoordigers van die LNR-KGI, die Universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch, SANSOR, SAB Maltings (Pty) Ltd, die onderskeie Departemente van Landbou, saadmaatskappye en ander rolspelers.

Die LNR-KGI het die mandaat om die Nasionale Kultivarevaluasieprogram uit te voer in al die koringproduserende gebiede in Suid-Afrika. Hierdie program, wat die enigste van sy soort in Suid-Afrika is, toets en evalueer alle vrygestelde koringkultivars van al die saadmaatskappye op ‘n objektiewe en wetenskaplike manier ten opsigte van aanpasbaarheid, opbrengs en kwaliteit. Daar bestaan drie afsonderlike evaluasieprogramme, naamlik vir koringverbouing in die somerreënvalgebied (droëland sowel as besproeiing) asook vir ko ringverbouing in die winterreënvalgebied.

Navorsingsresultate wat gedurende die afgelope jaar ingesamel is, is aan die komitee voorgelê en eenparig goedgekeur. Die data word nou gebruik om aanbevelings aan produsente te maak om hulle in staat te stel om hulle produksierisiko’s tot die minimum te beperk en hul wins te verhoog.

Produksiehandleiding nou beskikbaar

Die LNR-KGI publiseer jaarliks ‘n kompakte produksiehandleiding waarin al die nuutste inligting en resultate saamgevat is. Dit bevat verder ook inligting ten opsigte van algemene produksiepraktyke, grondbewer kingsriglyne, plantvoeding, onkruid-, siekte- en insekbeheer. Die opbrengs- en kwaliteitsresultate wat die afgelope seisoen ingesamel is, word volledig in die produksiehandleiding gepubliseer.

Publication: April 2013

Section: Other Articles

Search