• Login
  • Search Icon

Moets en moenies van verminderde bewerking

May 2011

DR JOHN TOLMAY, AGRONO-METRIX (EDMS.) BPK

Verminderde bewerking, as ‘n meer volhoubare alternatief vir konvensionele stelsels, is besig om landswyd in gewildheid toe te neem. In die Wes-Kaap is die oorgrote meerderheid van gewasproduksie reeds onder verminderde bewerking en dit word al vir dekades suksesvol in die besproeiingsgebied van KwaZulu-Natal toegepas.

Alhoewel aanvaarding van verminderde bewerking in die noordelike produksiegebiede redelik stadig plaasvind, is daar al meer belangstelling en word verskillende variasies van verminderde bewerking reeds wyd toegepas. Só word daar byvoorbeeld op die waaigronde van die Noordwes-Vrystaat op groot skaal stoppel behou om winderosie teen te werk, terwyl verdigting wat maklik in dié gronde voorkom, steeds met tandbewerkings aangespreek word.

‘n Bewaringsboerderystelsel sluit as ‘n oorhoofse doelwit, ‘n verskeidenheid van aspekte wat bewaar kan word, in. Voorbeelde hiervan is die bewaring en verbetering van weiding, bewaring van skaars rasse of spesies endemies aan ‘n gebied (byvoorbeeld bloukraanvoëls) asook aspekte soos die behoud van die natuurskoon en plaaslike volkstradisies.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2011_Verminder%20bewerking.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: May 2011

Section: Input Overview

Search