• Login
  • Search Icon

Mieliekultivarproewe saamgevat

March 2013

• Kort groeiseisoen-kultivars onder besproeiing verbou
• Kultivars vir die oostelike produksiegebiede
• Kultivars vir die westelike produksiegebiede

 

DR SAFIAH MA'ALI EN DIRK BRUWER, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Eenjarige resultate van 2011/2012-seisoen van die Nasionale Kultivarproewe met kommersieel beskikbare mieliegenotipes, is in hierdie artikel saamgevat.

Kommersiële kultivars word jaarliks vir hul aanpassingsvermoë in 'n wye reeks potensiaaltoestande onder besproeiingstoestande en in ander proewe geëvalueer. Inskrywings vir hierdie proefreeks bestaan uit gewilde genotipes sowel as ander nuwer kommersiële genotipes wat volgens verwagting ook gewild by produsente sal word.

Hierdie resultate is aanduidend van genotipeprestasie onder besproeiing en onder spesifieke omgewingstoestande wat gedurende die groeiseisoen voorgekom het. Meerjarige resultate wat vanuit hierdie proewe saamgevat word, is meer betroubaar as eenjarige resultate, maar alhoewel dit eers op ‘n latere stadium gepubliseer word, word dit ook in die volledige verslag saamgevat wat by die LNR-Instituut vir Graangewasse beskikbaar is.

Standaard en wetenskaplik aanvaarde prosedures is vir die uitvoering van die navorsingsprogram voorgeskryf. Medewerkers is 'n vrye keuse gelaat om die beste verbouingspraktyke in hul omgewing vir die proewe te gebruik ten einde graanopbrengs sover moontlik te kan optimaliseer en om verskillende potensiaaltoestande te skep.

Kort groeiseisoen-mieliekultivars wat onder besproeiing verbou word

‘n Ewekansige blokontwerp met drie herhalings is deurgaans gebruik om die 26 genotipe-inskrywing te akkommodeer. Aan elke proeflokaliteit is 'n eie proefewekansigheid toegeken wat ook van jaar tot jaar verskil.

Dieselfde 26 genotipes het in elkeen van die proewe voorgekom en het bestaan uit inskrywings deur die betrokke saadfirmas gedoen. Inskrywings deur firmas geskied in orde van prioriteit en indien te veel inskrywings ontvang is, is die inskrywingslys deur onderhandeling met elkeen van die saadfirmas gefinaliseer.

Tabel 1, Tabel 2 en Tabel 3 dui die prestasie aan van die kultivars geëvalueer vir die besproeiingsgebiede gedurende die 2011/2012-seisoen.

image

image

image

Mieliekultivars vir die oostelike produksiegebiede

‘n Ewekansige blokontwerp met drie herhalings is deurgaans gebruik om die 50 genotipe-inskrywing te akkommodeer. Aan elke proeflokaliteit is 'n eie proefewekansigheid toegeken wat ook van jaar tot jaar verskil.

Dieselfde 50 genotipes het in elkeen van die proewe voorgekom en het bestaan uit inskrywings deur die betrokke saadfirmas gedoen. Inskrywings deur firmas geskied in orde van prioriteit en indien te veel inskrywings ontvang is, is die inskrywingslys deur onderhandeling met elkeen van die saadfirmas gefinaliseer.

Tabel 4, Tabel 5 en Tabel 6 dui die prestasie aan van die kultivars geëvalueer vir die oostelike produksiegebied gedurende die 2011/2012-seisoen.

image

image

image

image

image

Mieliekultivars vir die westelike produksiegebiede

‘n Ewekansige blokontwerp met drie herhalings is deurgaans gebruik om die 50 genotipe-inskrywing te akkommodeer. Aan elke proeflokaliteit is 'n eie proefewekansigheid toegeken wat ook van jaar tot jaar verskil.

Dieselfde 50 genotipes het in elkeen van die proewe voorgekom en het bestaan uit inskrywings deur die betrokke saadfirmas gedoen. Inskrywings deur firmas geskied in orde van prioriteit en indien te veel inskrywings ontvang is, is die inskrywingslys deur onderhandeling met elkeen van die saadfirmas gefinaliseer.

Tabel 7, Tabel 8 en Tabel 9 dui die prestasie aan van die kultivars geëvalueer vir die westelike produksiegebied gedurende die 2011/2012-seisoen.

image

image

image

image

image

Publication: March 2013

Section: Other Articles

Search