• Login
  • Search Icon

Markpryse skep ‘n geleentheid vir uitbreiding in koringproduksie

March 2011

WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARKNAVORSING, GRAAN SA EN BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM, MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die huidige markpryse skep ‘n geleentheid om uitbreidings in koringproduksie te oorweeg en die huidige prysgeleenthede tot met oestyd te bestuur om sodoende ‘n winsgewende oes te verseker.

VSA koringpryse is tans 35% hoër as ‘n jaar gelede (Grafiek 1). Die twee belangrikste fundamentele faktore waaraan die huidige hoër internasionale koringpryse toegeskryf kan word, is die goeie uitvoervraag vir hoër kwaliteit VSA koring en die skade van wat winter kill-produksietoestande aan koring in lande soos die VSA en Sjina moontlik kan aanrig. Die invloed van beleggings- en spekulatiewe fondse moet ook nie onderskat word nie.

Let egter daarop dat die weermark vir die Noordelike Halfrondlande gedurende Maartmaand in die kommoditeitsmarkte posvat. Weens die relatiewe droë weerstoestande in die Noordelike Halfrond se koringproduserende lande, gaan gunstige lenteproduksietoestande nodig wees om genoegsame koringvoorrade te verseker. Dit kan dus verwag word dat pryse sywaarts tot in Maart kan beweeg waarna prysskommelinge (volatiliteit en prysrisiko) vanaf Maartmaand kan begin toeneem.

Verwagte uitbreiding in internasionale koringproduksie
Produsente in die VSA word tans aangemoedig om die huidige prysgeleenthede ook vir toekomstige bemarkingsjare te benut. Die hoë koringpryse moedig die uitbreiding van koringproduksie in die Suidelike Halfrond lande aan.

Uiteindelik kan dit te midde van die huidige koringvoorrade daartoe lei dat die produksie van koring aansienlik kan uitbrei. Gevolglik kan ‘n dramatiese daling in koringpryse teen die tweede helfte van 2011 verwag word.

Volgens die wêreldaanbod- en vraagsyfers vir koring word verwag dat die voorraadvlakke vir koring vanaf 181 miljoen ton in 2010/2011 tot 187 miljoen ton in 2011/2012 kan uitbrei. Hierdie verwagte uitbreiding word grootliks toegeskryf aan ‘n verwagte toename in oppervlakte aangeplant van 224 miljoen ha in 2011/2012 teenoor 217 miljoen ha in 2010/2011 .

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart%202011_Markpryse.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: March 2011

Section: Markoorsig

Search