• Login
  • Search Icon

Maksimum wins of maksimum omset?

September 2010

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Produsente moet weer eens belangrike besluite neem. Die vrae wat opduik is: Moet ek die seisoen plant? Hoeveel moet ek plant en wat moet ek plant? Moet ek produseer vir maksimum wins of moet ek probeer om die maksimum omset dié jaar te behaal?

Maksimum wins word behaal waar die verskil tussen koste en inkomste die grootste is. Maksimum omset word behaal waar die inkomste die grootste is. In die berekening van maksimum wins is die hoeveelheid verkoop ten ‘n sekere prys en die totale koste (beide veranderlike en vaste koste) per hektaar van belang. By die bepaling van maksimum omset is dit belangrik dat die meeste teen ‘n sekere prys verkoop word. In ‘n vrye ekonomie word pryse bepaal deur vraag en aanbod. Indien daar van ‘n sekere produk ‘n oorskot in die markte is of eindvoorraad as persentasie van totale verbruik hoog is, sal pryse eerder na uitvoerpariteitsvlakke neig. Terwyl as daar ‘n tekort is of eindvoorraad as persentasie van totale verbruik laag is, sal pryse eerder na  invoerpariteitsvlakke neig. In die graanbedryf geld dieselfde reëls. Hierdie effek van pryse het ‘n groot rol te speel in maksimum opbrengs en maksimum wins.

Indien wins gemaksimeer moet word, sal die pryse van die produkte na invoerpariteit moet neig. Om in staat te wees om maksimum omset te behaal sal so veel as moontlik geproduseer en verkoop moet word. Hierdie stap sal daartoe bydra dat pryse eerder na uitvoerpari teitsvlakke sal neig.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept%2010_Wins%20of%20omset.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: September 2010

Section: Wenartikels

Search