• Login
  • Search Icon

Luister en kyk versigtig om jou

December 2017

Ek wil vanjaar se Kersboodskap neem uit wat ons in Lukas 24:13 - 35 by die Emmausgangers kan leer. Jy kan wel argumenteer dat dit met Jesus se kruisiging te doen het en nie met Sy geboorte nie. My beroep op jou is egter om hierdie Kersfees stadig te loop en jou geestesoë oop te hou om Hom raak te sien. 

Ons kan so maklik in ‘n terugblik oor die jaar in al die gebeure van die jaar vaskyk, soveel so dat ons Hom wat al die tyd saam met ons stap, nie sien nie. Die politieke gebeure wat die nuus die afgelope jaar so ontsier het, die swak pryse van ons produkte, sowel as die droogte in die Wes-Kaap, kan ons oë – soos die Emmausgangers s’n – gesluier hou sodat ons die Kind miskyk.

Jesus het nie gekom om met ‘n donderslag in jou lewe in te kom en Hom so te openbaar nie. Hy doen dit sag en rustig. Maak seker jy sien jou geliefdes dié Kersfees ráák op dié plek waar hulle in hul lewens is. Luister weer versigtig waaroor jou kinders en kleinkinders droom. Sag en rustig soos ons Heiland. Gee stadig leiding en hoop vir elk, bloot omdat ons glo in Hom wat gekom het. Moenie dat die gebeure in “Jerusalem” ons so ontstig dat ons Sy krag en versorging miskyk nie. Hy is in beheer en Hy sal sorg – kom wat wil.

When Jesus eventually revealed Himself, He called upon the disciples’ faith in the Word. Do you still believe His Word? Christmas is the time to reflect on your faith and that faith that supersede all the earthly things that trouble us so much. He came to save us from our sins and the fear of things that may never happen. 

My prayer is that your heart will also burn within you after your meeting with the Christ that came to Earth to save us. Make time to look around you to find Him that walks with us. Take courage and don’t lose heart. He is Emmanuel – God with us!

Geseënde Kersfees!

Jannie de Villiers 
HUB, Graan SA
 

Publication: December 2017

Section: Grain SA

Search