• Login
  • Search Icon

Lees dit nou op nuwe webtuiste

October 2014

ESTIE DE VILLIERS, redakteur, SA Graan/Grain

image

Het jy al gaan kyk na die nuwe, opgedateerde aanlynweergawe van SA Graan/Grain? Die voorblad van die jongste uitgawe asook van die artikels wat in die uitgawe gepubliseer is, kan hier aanlyn gelees word. Die tydskrif is ook in 'n blaaiboekformaat beskikbaar.

Verder kan jy meer lees oor die SA Graan/Sasol Nitro fotokompetisie; die redaksionele span ontmoet en kan jy hier, as jy nog nie op die tydskrif ingeteken is nie, jou besonderhede invul sodat jy ook maandeliks die tydskrif in die pos kan ontvang. ‘n Argief (met 'n soekfunksie) van vorige artikels wat in SA Graan/Grain gepubliseer is, is op die webbladsy www.grainsa.co.za/sa-grain beskikbaar.

Adverteerders kan ook op die webtuiste meer inligting kry oor die koste van advertensies en beplande bylaes vir die volgende uitgawes.

Slegs op die webtuiste

Gaan kyk gerus hierdie maand op die webtuiste na die LNR-Kultivaraanbevelings vir sojabone, sonneblom en sorghum vir die 2014/2015-seisoen.

Publication: October 2014

Section: Grain SA

Search