• Login
  • Search Icon

Landboumasjineriemark weerspieël ekonomiese toestand in graanbedryf

August 2016

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Graan SA

Trekkerverkope gee normaalweg 'n goeie aanduiding van die ekonomiese toestand oftewel die gesondheid van die graanbedryf in Suid-Afrika. Trekkerverkope vir 2015 was 20% laer as in 2014 en vir die jaar tot dusver (Junie 2016) is verkope reeds 10,8% laer as vir dieselfde periode verlede jaar. Die verkope in 2015 was 10% laer as in die gemiddelde verkope die afgelope tien jaar.

Stroperverkope vir 2015 was 37% laer as in 2014 en vir die jaar tot dusver (Junie 2016) is verkope 11,9% laer as vir dieselfde periode 'n jaar gelede.

Omdat die graanbedryf die grootste deel van trekker- en stroper aankope uitmaak, illustreer hierdie trae verkope dat die graanbedryf in Suid-Afrika deur 'n moeilike ekonomiese tyd gaan. Die nuutste tendense in die plaaslike land boumasjineriemark (hoofsaaklik gefokus op trekkers) word verder uiteengesit in die artikel. Die data is geskoei op inligting verkry vanaf Agfacts.

Landboumasjineriepryse

Omrede 'n groot komponent van die landboumasjinerie wat in Suid-Afrika gebruik word, ingevoer word, het die wisselkoers 'n groot impak op landboumasjineriepryse. Die rand het in Junie vanjaar teen 'n gemiddeld van R15,08 teenoor die dollar verhandel, terwyl dit 'n jaar gelede teen R12,31 verhandel het. Hierdie verswakking van 23% het 'n bepalende rol in prysstygings die afgelope jaar gespeel.

Die jaar tot jaar-prysveranderinge van die verskillende kategorieë landboumasjinerie kan in Tabel 1 waargeneem word. Landbou masji ne rie pryse het gemiddeld vanaf Junie 2015 tot Junie 2016 met 16% gestyg, terwyl trekkerpryse gemiddeld met 19,4% toegeneem het. Die stygende prystendense van trekkers en stropers het 'n bietjie verlangsaam terwyl die stygende prystendens van hooi- en veevoer toerusting en implemente toegeneem het.

Landboumasjineriemark weerspieël ekonomiese toestand in graanbedryf

Trekkerverkope

Grafiek 1 toon die jaarlikse trekker verkope tesame met die gemiddelde verkope, vanaf 1995 tot 2015. Hierdie syfers sluit slegs plaaslike verkope en nie uitvoere in nie. Jaarlikse trekkerverkope het gedurende die tydperk van 1995 tot 2015 tussen 'n minimum van 2 624 eenhede (1999) en 'n maksimum van 7 899 eenhede (2012) gewissel. Volgens die grafiek is dit duidelik dat trekkerverkope die afgelope drie jaar afgeneem het; verskeie faktore kan daaraan toegeskryf word, maar die droogtetoestande wat in Suid-Afrika voorgekom het en die impak van die wisselkoers op pryse, het 'n beduidende rol gespeel. Die gemiddelde verkope sedert 1995 is 5 293 eenhede. Vir die afgelope tien jaar was dit egter 6 467 eenhede.

Landboumasjineriemark weerspieël ekonomiese toestand in graanbedryf

Algemene waarnemings wat van trekkerverkope afgelei kan word:

  • Oor die algemeen is Oktober by verre die maand met die hoog ste verkope.
  • Februariemaand speel 'n belangrike rol as gevolg van belas tingaankope.
  • Die hoogste drie maande-verkooptydperk is Augustus, Septem ber en Oktober met 29,9% van die jaarlikse verkope.
  • Die laagste verkope vind gedurende April, Mei en Desember plaas. Verkope vir die eerste en die tweede helfte van die jaar kan weergegee word as 49:51.

Grootte en ouderdom van trekkervloot

Die verandering in die grootte van Suid- Afrika se algehele trekker vloot (die aantal trekkers jonger as 20 jaar in Suid-Afrika) word in Grafiek 2 vir die afgelope paar jaar geïllustreer terwyl Grafiek 3 die ouderdomuiteensetting daarvan weergee.

Landboumasjineriemark weerspieël ekonomiese toestand in graanbedryf

Landboumasjineriemark weerspieël ekonomiese toestand in graanbedryf

Algemene gevolgtrekkings ten opsigte van die grootte en ouderdomverspreiding van die trekkervloot (Agfacts, 2016):

  • Die algehele trekkervloot het die afgelope nege jaar aansienlik toegeneem, nadat dit redelik stabiel tussen 62 400 en 63 500 een hede die vorige vier jaar (2003 - 2006) was.
  • Die huidige trekkervloot van 85 417 eenhede is 19,7% kleiner as die vloot van 105 613 eenhede in 1995 – 20 jaar gelede.
  • Die trekkervloot was 15 jaar gelede (2000) 75 276 eenhede. Die huidige vloot toon 'n toename van 13,5% teenoor daardie syfer.
  • In 1995 het die totale trekkers jonger as tien jaar 36,7% van die vloot uitgemaak, waarna die grootte van die trekkervloot jonger as tien jaar toenemend begin groei het. 'n Skerp toename het die afgelope agt jaar plaasgevind en tans maak die trekkers jonger as tien jaar 72,1% van die totale trekkervloot uit.
  • Die gemiddelde ouderdom van die trekkervloot staan tans op 6,7 jaar.

Trekkrag van trekkers in die trekkervloot

Die totale trekkrag in die Suid-Afrikaanse trekkervloot staan tans op 6,62 miljoen kW (Grafiek 4). Dit het skerp toegeneem in vergelyking met die 4,37 miljoen kW tien jaar gelede en is 5,8% hoër as die 6,26 miljoen kW 20 jaar gelede. Alhoewel die totale trekkrag van die trekker vloot tot 'n minimum in 2003 gedaal het, het dit daarna weer aansienlik toe geneem. Die ge middelde krag (kW) van trekkers in die totale trekker vloot het die afgelope paar jaar geleidelik toegeneem. Hierdie styging in gemiddelde krag kan in Grafiek 5 gesien word; dit het vanaf 70,1 kW (tien jaar gelede) tot die huidige 77,5 kW toegeneem.

Landboumasjineriemark weerspieël ekonomiese toestand in graanbedryf

Landboumasjineriemark weerspieël ekonomiese toestand in graanbedryf

Publication: August 2016

Section: On farm level

Search