• Login
  • Search Icon

Koringpryse sleep oliesaadpryse hoër

September 2010

– 16 Augustus 2010

PROF JOHAN WILLEMSE: SA GRAAN/GRAIN MEDE WERKER

Internasionale koringpryse het in die paar weke vanaf Junie tot middel Augustus op die internasionale mark met bykans 60% gestyg weens die ergste droogtetoestande in sowat 130 jaar in Rusland. Dit het oliesaadpryse saamgetrek, maar slegs met sowat 20%.

Internasionale markontleders wys daarop dat ten spyte van die aansienlike oesskade in die Russiese koringbedryf, wat hul uitvoere van koring skerp gaan laat daal, en die tydelike verbod op uitvoere, is daar genoeg koringvoorraad in die wêreld. Die feit dat oliesaadpryse ook heelwat gestyg het, het meer te doen met spekulante wat in die landboumarkte bedrywig is, as wat die beskikbare voorraad van oliesade skerp gedaal het.

Nietemin het die gebeure in Rusland markte weer onrustig begin maak oor die aanbod van voedsel in die toekoms en ook weer spekulante en beleggers na die landbou kommoditeitsmarkte gelok – in ‘n tyd waar aandeelpryse aan die daal is.

Dit wil dus voorkom of ons die onderste draaipunt van die landboupryssiklus op die internasionale mark bereik het en dat pryse stadig maar seker hoër neig. Plaaslike sonneblomsaad- en sojaboonpryse het ook begin styg – wat dit weer as ‘n alternatief vir mielies meer aanloklik maak. Daar is mark ruimte om veral die produksie van sonneblomsaad, sojabone en selfs dié van grondbone matig te verhoog sonder om die binnelandse mark te oorvoorsien en pryse laer te druk. Beide sonneblomsaad en sojaboonpryse is op invoerafgeleide prysvlakke terwyl grondbone suksesvol op die uitvoermark meeding.

Kliek op   https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept10_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: September 2010

Section: Markoorsig

Search